3 maande gelede
‘Vergeet die verlede’
Patrick Duncan is ’n gaskunstenaar.  ~ foto verskaf

NEW Nations Produksies bied in Junie die konsert Worship in the City aan.

So vertel die regisseur en visionary­ Joe Cooper van Mamre.

Hy sê hulle is baie opgewonde, want die Here wil ’n nuwe ding doen.

“Kom ons vergeet van dit wat gebeur het in die verlede en raak ontslae van dit wat ons nog wil terughou.”

Gospelsangers wat Cooper oor die jare geïnspireer het, is onder meer Solid Foundation, Andraé Crouch, African­ Sunrise, The Winans­ en Simon­ and the Community­ Singers.

Cooper sê God wil ’n nuwe ding doen in die stad en nou is die tyd dat die liggaam van Christus saam kom in eenheid en met een stem die naam van die Here groot maak. “In moeilike tye is die Woord van die Here my anker.

“Al woed die storm rondom my, juig my siel, want sonder die Here in my lewe is alles tevergeefs.

Past. Patrick Duncan, een van die gaskunstenaars, sê hy is baie opgewonde om deel te wees van die konsert. Hy sê ons as gelowiges kan die atmosfeer verander deur lof en aanbidding.

“Al het jy alles verloor en staan met jou rug teen die muur, weet net: God kan vir jou die onmoontlike moontlik maak.”

Worship in the City vind op Sondag 24 Junie plaas.

Dit sal plaasvind in die Artscape Opera House en begin om 18:00. Kaartjies is beskikbaar teen R150 en R100, en VIP-kaartjies kos R250.

Joe Cooper kan by 073 455 4614 of 074 128 4970 gebel word.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters