3 maande gelede
Vele bekendes op groot fees van sang
Charnelle HoogbaardFOTO VERSKAF  ~ 

SONGS of Praise word vandag vir die 14de keer deur Eden FM aangebied.

So vertel past. John Plaatjies, die organiseerder van dié suksesvolle sangfees.

“Die sukses kan toegeskryf word aan die kwaliteit en lojaliteit van die kore en kunstenaars wat ons oor die jare getrou ondersteun.”

Plaatjies bedank die stasie­bestuurder van Eden FM, Morné Pietersen, dat hy ál die jare die fees aanbied.

Hy het ook die luisteraars vir hul getroue ondersteuning geloof. Die sangfees begin vandag 14:30 by die VGK Colrigde Oudtshoorn.

Toegang is R60 vir volwassenes en R30 vir kinders.

Die gaskunstenaars sluit in die Filippense-massakoor, Holy­ Samaritan Youth, Young Ambassadors, House of Entertainment, Heavenly Messengers en Charnelle Hoogbaard. Die regisseur van die produksie is Paul Amas.

  • Bel Plaatjies by 082 437 2099 vir nog inligting of Amas by 076 922 8376.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters