22 dae gelede
Tyd vir dans tot Here se eer
Lueciano MackFOTO VERSKAF  ~ 

DAAR gaan weer behoorlik gekoordans word in Atlantis. Volgende Sondag, 7 Julie, vind die jaarlikse Pinkster Opskop hier plaas.

Die organiseerder, Lueciano Mack, het gesê dis nie net ’n gewone konsert nie.

“Maak gereed om te koordans en bring gemaklike skoene vir jou saam, want ons gaan die Here loof en prys totdat die kettings gebreek word.”

Mack het verder vertel: “Daar was ’n suster in ons kerk wat ’n droom gehad het van jong mense wat bymekaarkom om die Here te loof en te aanbid. Dis toe dat ek in gehoorsaamheid gestap en die sangaand gereël het.

Inspirasie

“Deur moeilike tye is die teenwoordigheid van die Here my vesting, ’n anker in tye van storms.”

Mack het gesê sy seun, die agt maande oue Ljay Anthonio, en die gospelsangers Tye Tribbett en Jonathan Rubain is vir hom ’n groot inspirasie.

Die Opskop vind in die Saxonsea-gemeenskapsaal plaas en die gaskunstenaars is Hyron Kettledas, Luigi Phillips, Aldridge de Bruyn, Keziah Wilson, Jeandré Tromp en Duwayne Damons. Grant Max is die MC.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters