3 maande gelede
Sy stig ’n besigheid ‘in geloof’
Wysheid: Hannelie Davids sê lewensplesier is van korte duur.  ~ Verskaf

NIE eens die sluier wat makeup gewoonlik bied, kon haar seer verlig nie.

Só vertel die skoonheidsterapeut en fotograaf Hannelie Davids (25) van Worcester oor die haar lewe voor haar bekering.

Sy sê: “Toe ek my hart vir die Here gee, het alles in plek begin val.”

Sy sê baie mense dink as jy ’n pastoor se kind is, is jy outomaties gered.

“Dit werk nie so nie,” sê sy. “Ek het baie paaie gestap, maar dit was plesier van korte duur. Die dag toe ek my knieë buig, het die Here se liefde my opgetel en my genees.

Oopgemaak

“Dit was altyd my passie om vroue mooi te maak en ek het in my ma se sitkamer begin.”

Verlede jaar het Davids sonder ’n sent op haar naam haar eie besigheid “in geloof in die Here” oopgemaak.

Sy sê: “Vandag loop my hart oor van vreugde. Wanneer jy die Here eerste stel, sal ál die ander dinge bygevoeg word.”

Davids is ook die jeugpastoor van haar kerk, die Ebenaezer Restoration Church.

Sy sê: “Ek is so dankbaar teenoor my dogter, Ryalynn (6), my ouers, apostel James en Helen, en Charnell Geustyn vir hulle ondersteuning.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters