5 maande gelede
Sy bring blye boodskap na eensames
happy: Gregory Noble oorhandig sy nuwe CD aan suster Henriëtta Cassim. Foto: CHRISTO GAWOE  ~ 

“AS DIE Here met jou praat, dan moet jy gehoorsaam wees.”

So vertel suster Henriëtta Cassim (64), ’n gemeenskapswerker van Pacaltsdorp wat gereeld na die behoeftiges uitreik.

“Daar is baie mense wat rondloop met laste en ’n gebroke hart, maar wanneer ons in gehoorsaamheid wandel en net doen wat die Here van ons verlang, kan ons die wêreld ’n beter plek maak.”

“Gedurende die vakansie het die Here op my hart gelê om uit te reik na die karwagte in die dorp en die glimlagte wat op hul gesigte gewees het, het groot vreugde gebring.

“So sal die wêreld sien dat ons die Here se dissipels is as ons toelaat dat die Here se liefde deur ons werk.”

Die bejaardes van ouetehuise in Pacaltsdorp en Rosemoor was net so dankbaar om ’n geskenkpakkie te ontvang.

Voorreg

“Die atmosfeer wat daar geheers het, was wonderlik en die teenwoordigheid van die Here was tasbaar.”

Cassim sê dis ’n groot voorreg om die blye boodskap te bring aan dié wat alleen voel, want Christus is ons enigste hoop.

Cassim was opgewonde toe sy die skrywer se CD, Through it All, gewen het op Heartbeat FM se ontbytprogram met die omroeper Christo Gawie.

Kontak suster Cassim gerus by 067 077 9822.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters