6 maande gelede
Sy birthday met ’n konsert gevier
Cheswyn RuitersFOTO VERSKAF  ~ 

DIE Tehillah Kingdom-kerk in Hermanus vier vanjaar past. Romano Arendse se 30ste verjaardag met ’n konsert.

Arendse sê as deel van die vieringe gaan hulle hul Gospel Celebration hou.

“Ons is baie opgewonde oor wat die Here gaan doen in ons streek en ons wil met lof en aanbidding die konsert aanbied,” vertel Arendse.

“Ek het my hele lewe aan die werk van die Here gewy.”

Arendse het reeds in sy graad 7-jaar tot bekering gekom. Vandag is hy steeds die pastoor van die gemeente wat hy en sy vrou begin het.

Gaskunstenaars

“Dit was nie ’n maklike pad nie, maar vandag kan ek getuig die Here het ons deurgedra.”

Arendse het die evangelie van dorp tot dorp verkondig en kerke oral in die Overberg-streek begin.

Die konsert vind op 3 Maart (van 17:00 af) by die Primêre Skool Swartberg in Caledon plaas.

Die gaskunstenaars is Cheswyn Rui­ters, Adrian Dampies, Berenice Wilskut, Joe van der Berg, Deacon Thomas, Shaun Titus, Carmen Adams, Wildene Bosman en vele meer.

  • Bel Arendse by 060 340 2573.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters