4 maande gelede
Songbook is gou uit
KEEGAN WILLIAMSFOTO VERSKAF  ~ 

’N JARE lange droom word waar en dis alles op die regte tyd.

So vertel die musikant en regisseur Keegan Williams van Mitchells Plain.

“Uiteindelik kan ek my storie van hoop vertel deur my musiek. Ek was baie skaam en bang en dit het my 10 jaar gevat, want ek het gedink wat mense sal sê en hoe hulle my gaan ontvang.

“Toe ek besef ek is tot alles in staat deur Christus wat my die krag gee, het ek ’n vrede gekry wat alle verstand te bowe gaan.

“Die album Songbook of my Life vertel stories oor my lewe.

“Dis liedere wat ek geskryf het toe ek nege jaar oud was.”

Hy sê hy het 10 liedere as die songbook van sy lewe gekies.

“Die Here het die liedere in my hart geskryf. Ek het die stem van die Here gehoor om die musiek na die mense te bring. Ek wil net gehoorsaam wees met wat die Here aan my toevertrou het.”

Inspirasie

“Die vyand het in my oor gefluister: ‘Moenie eens probeer nie. Die mense gaan nie van die musiek hou nie.’ Toe kom ’n vrees oor my.

“Maar die Here het alles kom herstel en dis nou die tyd om die blye boodskap van hoop en inspirasie te deel.”

Sangers met wie Williams al gewerk het en wat hom inspireer, is Judith Sephuma, Robbie Jansen, Jonathan Butler en Jimmy Dludlu.

“My hart loop oor van dankbaarheid vir die ondersteuning van my ouers, Desmond en Irene Williams, ons gemeente, die Westridge Assemblies of God, pastoor Theo Roman en ál my ondersteuners.”

Die launch van die CD Songbook of my Lifeis volgende Sondag in die Joseph Stone-ouditorium in Athlone. Dit begin 19:30 en kaartjies kos R120 by Computicket en R100 by die deur.

  • E-pos gankeeproduc­tions1987 @gmail.com of bel Wil­liams by 071 786 0661 of Lenita Williams by 060 888 0031 vir meer inligting.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters