4 maande gelede
‘Slaag’-liedjie vir fans
OPGEWONDE.AUGUST VAN DER WESTHUIZEN TREE OP.Foto: VERSKAF.  ~ 

‘EK HET ‘ ’n Bietjie Sukses’ geskryf toe ek in matriek was.”

So vertel die talent­volle musikant August van der Westhuizen van Elsiesrivier.

Van der Westhuizen sal dié liedjie en van sy ander materiaal opvoer in sy konsert op 1 Julie.

Hy sê toe hy geslaag het, het hy sy welslae met dié song gevier.

Van der Westhuizen sê: “Ek is altyd gretig om my musiek en waar ek op my lewensweg is, te deel met my ondersteuners.

Karakter

“Die musiekbedryf hou baie uit­dagings in, so dis nie maklik om die pot aan die kook te hou nie, maar die Here skenk genade en gee ons krag om aan te gaan.

“Ek het kom leer dat moeilike tye ’n mens se karakter bou, dat jy lesse daaruit leer en dat dit net ’n sterker mens van jou maak.”

Van Der Westhuizen sê wanneer ’n musikant nie op die verhoog is nie, is daar éérs uitdagings, veral vir ’n voltydse musikant.

Hy sê: “Maar ek weet vir seker die Here stel nooit teleur nie; Hy bly getrou.”

Gospel-musikante wat August inspireer, is Marvin Sapp, James Fortune en Donnie McClurkin.

Van der Westhuizen sê: “My hartsbegeerte is om baie graag musiek verder te studeer, en ek weet ook dít sal op die regte tyd gebeur.

“My grootste wens nou – en waarvoor ek op die Here vertrou – is vir ’n kar, want dan kan ek wyer optree.”

Die gaskunstenaars is Larry George, Brent Krus, Divine Purpose en Zeke le Grange. Die konsert begin 18:00 in die Bellville Civic-teater. Toegang is R120.

  • Van der Westhuizen is in Augustus ook op die Gospel Festival in die Athlone-sta­dion. Bel hom by 072 860 4077 vir meer inligting daaroor.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters