Verlede maand
Sangfees vir skool gehou
Innspirasie: Didi Balters gaan by die Worship Festival in Macassar optree.  ~ Verskaf

‘NOG net ’n paar aande ... dan loof ons die Here.”Só praat past. Melvin de Koker van Macassar oor hulle komende gospel-fees.

“As ons as die liggaam van Christus in eenheid saam hande vat, sal die Here ons land genees,” sê die pastor.

De Koker se Outreach Ministries reik gereeld uit na die gemeenskap waar hulle ’n verskil wil maak en verlore siele na die Here lei.

De Koker sê: “Die werk van die Here kom eerste in my lewe. Ek glo die oplossing vir die land se probleme is dat ons moet terugdraai van ál ons verkeerde weë.

Gemeenskap

“Dan sal die Here ons gebede beantwoord.

“Die gemeente wil graag die Oklahoma Primêre Skool help met die nodige fondse om vanjaar op sy jaarlikse toer te gaan.

“Ons wil graag die leerders met skoolklere en skryfbehoeftes help. Daarom het ons die hulp van die gemeenskap ook nodig.

“Ek glo God sal deurkom as jy op Hom vertrou, want alles wat ons aanpak, is in geloof.”

Melvin de Koker Outreach­ Ministries se Macassar Worship­ Festival begin op 28 Februarie met worship teams en jeuggroepe.

Op 29 Februarie is dit die beurt van Didi Balters, Gerty Ryan, Mo­nique Wil­liams, Divine Grace en Jessica Isaacs.

Dit eindig op 1 Maart met King’s Choristers met Trevor Benson, Johnny Davids, Godfrey Williams, Ruben Davids en Joshua Brown.

Die fees in by Hoërskool Macassar in Ringlaan, Macassar. Die verrigtinge begin daagliks 17:30.

Day tickets kos R60, ’n naweek pass kos R110 per persoon (vir groepe van vyf) en ’n naweek pass vir een persoon kos R130.

Vir navrae, bel De Koker by 081 782 0295.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters