7 maande gelede
Sanger sê gebed is sy anker in moeilike tye
OPGEWONDE: Die gospelsanger Cecil D. Stevens se song is uit.FOTO VERSKAF  ~ 

DIE gospelsanger van Uitenhage Cecil D. Stevens het onlangs sy jongste single, “Simple Truth”, uitgereik.

Stevens sê die volledige album sal later vanjaar uitgereik word.

“In moeilike tye is gebed my anker en die Woord van die Here die lig op my pad.”

Hy sê toe hy jonger was, is bipolêre siekte by hom gediagnoseer. “Maar deur die genade van die Here is ek vandag genees.

“Ek is so dankbaar dat ons onlangs nog my geliefde moeder se 80ste verjaardag kon vier.

“Sy is ’n inspirasie in my lewe.”

Gospelsangers wat Stevens inspireer, is Cece en Bebe Winans, Kirk Franklin en Ricardo Groenewald van “I Love You, Daddy”-faam.

Stevens sê Paasfees beteken baie vir hom. “Dis die grootste opoffering wat God gemaak het – om sy Seun te gee vir ’n verlore wêreld sodat ons kan lewe.

“Ek wil die jeug aanmoedig: Maak haas om die Here in jou lewe aan te neem as jou saligmaker, want die Here is die enigste hoop.”

Stevens sê hy is dankbaar vir die kanse wat die Here elke dag vir hom gee. Daarom sal hy bly sing van die goedheid en getrouheid van die Here.

  • Bel Stevens vir meer inligting by 078 192 9202.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters