5 maande gelede
Sanger Ricardo het ook God se vergifnis aaanvaar
RICARDO BOTHAFOTO VERSKAF  ~ 

EK WIL God loof en prys, want Hy is lofwaardig.

Só sê die gospelsanger Ricardo­ Botha, wat graag met sy musiek ’n impak op die jeug wil maak.

Dié boorling van George­ sê hy het in die strate geloop sonder ’n doel in sy lewe, maar die dag toe hy die Here as sy persoonlike Salig­maker aangeneem het, het sy lewe weer sin gekry.

Botha, wat pas sy eerste single, “Take Your Forgiveness”, uitgereik het, is baie opgewonde oor die toekoms, want in alles in sy lewe vertrou hy net op die Here.

Botha wei uit en sê sy begeerte is om vreugde in mense se lewe te bring oral waar hy optree.

Gospelkunstenaars wat Ricardo­ inspireer, is Euclid Jacobs, Elwira Standili en Seve Music­Kid.

“Ek is so dankbaar teenoor my vrou, Joan­ie Ruiters, vir haar groot inspirasie en ondersteuning.

“Ek voel om aan te gaan, want dis die moeite werd om die Here te dien.”

Ricardo het al op verskeie feeste opgetree en sê dis elke keer ’n nuwe ervaring wat hom as kunstenaar laat groei.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters