15 dae gelede
Sanger hoop siele só gered
Charlton Beyers  ~ Foto Verskaf

DIE gospelsanger Charlton Beyers van Kraaifontein hou vir die tweede keer sy U is Waardig-gospelkonsert.

“Ons is baie opgewonde oor wat die Here by dié konsert gaan doen. Dis gebaseer op die Heilige Gees, wat harte gaan aanraak en kosbare lewens gaan verander,” sê Beyers.

“Dis die begeerte van my hart dat die Here kosbare siele gaan red. Ons verklaar met boldness dat Jesus nog wondere kan doen.”

Volgens Beyers loop sy hart oor van dankbaarheid vir die genade van God, goeie gesondheid en nog ’n kans om die Here se werk te doen.

“My ma, Valencia Beyers, is my groot inspirasie oor die sterk vrou wat sy is en dat sy steeds staande is. Dit alles is net die genade van Bo.”

Die gospelsangers wat Beyers inspireer, is onder andere Ntokozo Mbambo, Tasha Cobbs en Todd Dulaney.

“Ek weet vir seker die Here kom weer en Hy kom haal dié wat syne is. Daarom moet ons gereed en rein van hart wees.

Geregtigheid

“Vir 2020 is my gebed dat ons nader aan die Here leef.

“Soek eers die koninkryk en sy geregtigheid en alle dinge sal vir jou bygevoeg word.”

Beyers bied U is Waardig 2 op 29 Februarie aan. Dit begin 18:00 in die Bethel Tabernacle Full Gospel Kerk op die hoek van Miltonstraat en Pioneerweg, Kraaifontein. Die gaskunstenaars is Gerty Ryan, Varonica Meyer, Joshua Jansen, Anslin Gysman, Duwayne Damons, Jessie Lottering van Joyous Celebration, The Sound, Kurt Coetzee en Tanswill.

Kaartjies kos R80 en by die deur is dit R100.

Kontak Divine Barron by 084 624 6124.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters