4 maande gelede
Rooi stap elke dag met God
kom HUIS TOE: André Rooi gaan in sy tuisdorp ’n konsert hou.Foto: Timothy PHILLIPS  ~ 

DIE gospelsanger André Rooi het nooit toegelaat dat sy omstandighede hom terug­hou in die lewe nie.

Dié boorling van Beaufort-Wes is bekend vir veral die lied “Die Ou Ruwe Kruis”.

En moenie dink hy’t sy roots vergeet nie. Op Sondag 31 Maart bied hy 19:30 by die Sekondêre Skool Beaufort-Wes ’n konsert getiteld Connect 365 aan.

André vertel: “My persoonlike verhouding met die Here is baie belangrik. Ek maak seker ek bly 365 dae van die jaar connected. Dit is my lewenslyn.”

Die musiek van Marvin Sapp, Jonathan Rubain, Travis Greene en Patrick Duncan is vir hom ’n groot inspirasie.

In moeilike tye is die Woord van die Here en die Sionsgesange André se anker, want dit gee hom nuwe krag.

André werk aan eerste sy album, maar is nie haastig om dit uit te reik nie. Jonathan Rubain gaan die producer wees. André sê: “Dis my begeerte om die Sionsgesange op te neem, want die krag van die ou gesange het nog nooit verlore gegaan nie.”

Hy moedig mense aan om beskikbaar te wees vir die werk van die Here. “Dit gaan nie altyd oor geld nie.

“Soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid en die ander dinge sal vir jou bygevoeg word.”

Optree

Die sanger loop kerk en is ’n aanbiddingsleier by Cornerstone, onder leiding van past. William Phillips.

Kaartjies vir sy die Connect 365-konsert kos R80, maar kinders onder 12 kan dit gratis bywoon. Eloise Breda en Edwina Wentzel, bekende sangeresse van die dorp, gaan saam met hom optree.

As jy nog info soek of kaartjies wil koop, kan jy André by 067 294 1911 bel of hom by 081 066 6239 whatsapp.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters