4 maande gelede
Ronelle join sterre by gospelfees
RONELLE ROBERTSFOTO VERSKAF  ~ 

RONELLE Roberts, ’n boorling van Heideveld, kan nie wag om by die Gospel Unity-fees op te tree nie.

Dié fees vind op 4 Augustus in die Athlone-stadion plaas. Talle van die beste gospelsangers van Kaapstad gaan daar optree.

Ronelle vertel sy is mal oor sing en dankbaar dat haar pa, Michael, haar destyds die kitaar leer speel het.

Sy wei verder uit dat hulle ’n baie gehegte familie is en ’n passie vir gospelmusiek het.

“Ek het die Riana (van Wyk)-musiekskool gekontak en nie geweet hulle soek sangers daardie tyd nie.

“Daar was ’n sangkompetisie en ek het toe deelgeneem, al was ek ’n buitestander – en aan die einde van die dag het ek gewen!

“Dis toe dat ek ’n ses maande lange musiek- en sangkursus gewen het onder die leiding van Delycia Malherbe.”

Vandag is Ronelle dankbaar dat hulle die poten­siaal in haar raakgesien het sodat sy nou ’n loopbaan kan volg as gospelsangeres.

In moeilike tye is gebed en die Woord van God haar anker.

So, al woed die storms rondom haar, bly sy steeds staande.

Gospelsangers wat haar inspireer, is CeCe Winans, Juanita du Plessis, en die ontslape gospel­sanger past. Ivan Siegelaar.

“Dié sanger was vir my ’n groot inspirasie en ek sal hom nooit vergeet nie, want sy lewe het ’n groot inpak op my gemaak.”

Ronelle is ook dankbaar vir haar bestuurder, Ricardo Plaatjies, en haar familie vir hul volle vertroue in haar musiekloopbaan.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters