28 dae gelede
Robin glo hy het rede om dankbaar te wees
Robin Joshua FOTO VERSKAF  ~ 

DIE gospelsanger Robin Joshua van Mitchells Plain is baie excited oor sy nuwe single, “Al die Prys”.

“Ek was op ’n plek waar ek gedink het die Here het my verlaat of van my vergeet, maar toe lees ek my gunsteling-Bybelvers, Psalm 91.

“Hy sal Sy engele die opdrag gee om ons te bewaar en te beskerm.

“In my benoudheid het die Here my gehelp en my krag gegee. Daarom het ek ’n rede om dankbaar te wees.”

Waardeer

Joshua sê hy weet die lied gaan die volk seën en oplig.

“Die lockdown het my kom leer dinge kan so skielik verander. Maar Christus verander nooit.

“Jy moet jou familie waardeer. Ons vat so gou dinge vir granted.”

Hy bemoedig: “Jy moenie opgee nie, werk hard en glo in jouself, al sê die mense wát. God het ’n plan met jou lewe.

“Moet nooit toelaat dat jou omstandighede jou terughou nie en bly gefokus. Met harde werk en toewyding sal jy suksesvol wees.

“Jy het die krag binne-in jou om enige uitdagings wat die lewe na jou kant toe gooi, te oorwin.

“Doen alles in jou vermoë en laat die res in die Here se hande.”

    Lewer kommentaar op hierdie artikel
    0 reaksies
    Lewer kommentaar
    Kommentaar 0 oorblywende karakters