2 maande gelede
Prophetic praise hou weer show
Foto:  ~ 

PROPHETIC Praise se jaarlikse konsert word op 14 Julie gehou.

Pastoor Shawn George van die God Chasers-gemeente sê hulle is baie opgewonde en het ’n groot verwagting dat die Here ’n nuwe ding gaan doen.

“Dis die begeerte van ons harte dat mense vol van die teenwoordigheid van die Here sal huis toe gaan en dat lewens verander sal word.

“Deur profetiese dans en aanbidding kan God magtig beweeg en jou lewe sal nooit weer dieselfde wees nie.”

Gaskunstenaars

Hulle gaan deur profetiese lofprysing die verskillende vorme van aanbidding uitbeeld in African hip-hop, gebaretaal en die tamboeryn.

Die gaskunstenaars wat gaan optree is: Candice Thornton, Marco van der Merwe en die KG Orkes, Melanie en Vincent Voegt en Lee Ludolph.

Daar is 15:00 en 19:00 ’n vertoning en die kaartjies kos R100 elk.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters