22 dae gelede
‘Pinksterkind’ en ander in konsert
grootste fans: Die gospelsanger Virgyll Anthony pose met sy ouers, Andy en Andriana.FOTO VERSKAF  ~ 

“EK WIL net vir God sing en Sy naam verheerlik.”

So sê die gospelsanger Virgyll Anthony van Kranshoek naby Plettenbergbaai.

Anthony sê hy is diep dankbaar vir die gawe wat die Here hom gegee het.

Hy sê hy wil die Here deur sy gospelmusiek loof daarvoor.

Joshua Jansen, wat bekend is vir die lied “Jesus Kom in die Môre” is vir Anthony ’n groot inspirasie.

Hy sê: “Die Here is goed, daarom is ek dankbaar teenoor Bronico Preissex en Heinrich Pienaar vir hulle aansporing en ondersteuning.”

Anthony sê hy soek die aangesig van die Here deur moei­like tye, “want Hy bied ’n veilige vesting”.

Anthony bied vanaand sy Pinksterkind-gospelkonsert in die Kranshoek Multipurpose Centre aan.

Hy sê: “Ek is diep dankbaar daarvoor dat die Hemelse Vader my uitverkies het om dié konsert aan te bied.

Klanke

“Ek bedank ook my ouers, die kerk, familie en vriende vir hulle ondersteuning.”

Die groep Royalty is sy agtergrondsangers en die band Perfect 5th sal die klanke verskaf.

Die gasmusikante is onder andere Riaan Louw, Joslin Sam en Valdoné Mowers.

Die konsert begin 18:00 en toegang is R60.

Bel Anthony gerus by 078 219 6093 of Preissex by 084 624 4056 vir meer inligting oor die event.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters