3 maande gelede
Pinksterfeestoer op platteland
Joshua Jansenfoto verskaf  ~ 

DIE gospelsanger Morné Herman reël ’n Pinksterfeestoer na Porterville en Beaufort-Wes.

Herman sê Pinkster is steeds deel van ons geloof en dit anker ons in die evangelie.

Hy verduidelik: “Ons mense hunker na die Here, en veral op die platteland kry hulle weinig die geleentheid om hulle gunsteling-gospelmusikante te sien.

“Daarom mag julle dié konserte nie misloop nie.”

Joshua Jansen, wat bekend is vir die lied “Jesus Kom in die Môre­”, sal ook optree.

Die baie gewilde Remalia Esau van Ceres sal haar bekende lied “Niks is Onmoontlik in sy Naam” uitvoer.

Esau sê dit was toe sy aan depressie gely het dat die Here haar gered en bevry het daarvan.

Die Pinksterfees in Porterville is Saterdag in die gemeenskapsaal.

Benewens Esau en Jansen sal Adrian Dampies en Nita Hendricks ook optree.

Die Pinksterfees in Beaufort-Wes is op 6 April in die Sekondêre Skool Beaufort-Wes se saal.

Benewens Jansen sal John Pienaar, Samuel Jooste en die Karar Ministry-dansers optree.

Albei konserte begin 19:00 en toegang is R50.

  • Vir navrae, bel Morné Herman gerus by 079 453 2370 of 065 826 9923.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters