3 maande gelede
Pastoor bied raad oor die huwelik
past. alan adamsFOTO VERSKAF  ~ 

OP 28 APRIL het past. Alan Adams van die Yahweh’s Holy Temple­ Ministries in Delft sy eerste Christelike boek, God’s View on Marriage, in die Belhar Minor Hall bekend gestel.

Past. Alan het dit nie breed gehad in die lewe nie – hy het swaar grootgeword. Dis waarom hy besluit het om ’n verskil in die samelewing te maak.

Hy sê: “Van ons jong mense het geen rigting nie en is in verhoudings wat hul lewe verwoes.

“Hulle is produkte van huis­houdings waarin daar konflik is tussen ouers. Dit dryf hulle gewoonlik strate toe, waar boosheid voorlê.

Bemagtig

“So, ons as kerkleiers kan bydra daartoe om ’n stewige fondasie in dié jong mense se lewe te lê. Ons kan vele red voordat dit te laat is.

“My boek is gegrond op Christe­like waardes, met aanhalings uit Die Bybel. Met dié boek wil ek alle jong mense, maar veral verloofdes en getroudes, bemagtig.

“Dis veral goeie berading vir diegene wat dit nog oorweeg om te trou en vir diegene wat hul gebroke huwelik wil red.”

Past. Alan het ook ’n Facebook-blad waarvan die naam dieselfde is as die titel van die boek.

Hy en sy vrou, Janine, kan ook gekontak word vir berading, motiveringspraatjies, seminare, ens.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters