7 maande gelede
Pacaltsdorp dank die Here
dank: Daar’s ’n thanksgiving-konsert in Pacaltsdorp.FOTO VERSKAF  ~ 

DIE Eagle’s Nest Ministries in Pacaltsdorp hou vandag ’n thanks­giving-gospelkonsert.

Op die konsert word die Here geloof en aanbid vir ’n jaar vol seëninge en genade, sê die organiseerders.

“Die Here is goed vir ons en daarom moet ons sing van sy liefde wat oneindig is.

“Met dié konsert wil ons ook na die gemeenskap van die Suid-Kaap uitreik nadat die onlangse veldbrande soveel lewens en huise verwoes het.

“Daar is nog hoop en Christus is die een wat gebroke harte kan genees en herstel.

“Die Here het vir ons groot dinge gedoen en is so getrou en daarom moet ons getuig.

“ ’n Opregte getuie red lewens,” skryf die organiseerders in ’n ver­klaring.

Een van die kunstenaars, Remalia Esau, vertel: “Dit sal my eerste keer in George wees en ek kan nie wag om die vriendelike mense van dié pragtige dorp te ontmoet nie.”

Die ander gaskunstenaars wat gaan optree, is: Glyneshia Flores, Andrew Snyders, Cheswin Ruiters, Carlo Abrahams en Dan Lukas.

Die konsert begin 16:00 en die toegangsgeld is R60 by die deur.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters