4 maande gelede
Nuwe CD expose sangers oorsee
hier’s hy: Gregory Abrahams spog met die gospel-CD.FOTO VERSKAF  ~ 

DIE uitstekende gospel-album “Compilation CD Volume one” is uit. Die CD is op 29 April in die Cornerstone Ministries in Grassy Park bekendgestel.

Dit is dié CD wat ons plaaslike gospel-sangers dalk net internasionaal bekend sal maak.

’n Hele aantal baie goeie gospel-sangers het aan die CD gewerk, onder andere Gregory Abrahams, Peter Jon Smith, Colin Mitchell, Reggie Booysen, Donovan Isaacs, Remalia Esau en Natasha Swano.

Van die songs op die CD is “Hy dra my laste”, “I’ll be a winner” deur Abrahams, “God of Miracles” deur Mitchell en “U is my Rots” deur Esau.

“Hierdie CD gaan deur die company New Nations internasionaal bemark word in lande soos Namibië, Australië en Engeland,” vertel Abrahams.

“Deur die CD word ons nou aan die internasionale gospelmark ge-expose en kan ons dan ook internasionaal optree. Daar is reeds CD’s na radiostasies in Namibië en Australië gestuur en dit speel tans daar,” voeg Abrahams by.

Die nuwe CD sal binnekort in uitgesoekte winkels beskikbaar wees, maar belangstellendes kan Abrahams gerus solank bel by 063 523 6466 of Booysen by 073 455 4614.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters