Verlede maand
Niks stuit uitreik na behoeftiges in swaar tyd
Helpende hande: Van links is Christo Alexander, Donalda Bantom en Christo Gawie saam met van die kinders wat gevoed word.  ~ Gregory Noble

DONALDA Bantom van die organisasie Concerned Women of South Africa in Mosselbaai sê dit bring vir hulle lewensvreugde om uit te kan reik en ’n verskil te maak in die gemeenskap.

“Armoede is lankal hier, maar nou beweeg ons op ’n ander vlak. Daarom moet ons uitreik en hande vat.

“My hart loop oor van dankbaarheid om te sien hoe organisasies hande vat en saamstaan om ’n verskil in die gemeenskap te maak.

“Ons het die laaste tyd na soveel behoeftiges uitgereik en die Here het elke keer voorsien,” sê sy

Kalmte

Sy sê boewe het onlangs by die sopkombuis ingebreek en van die goed gesteel.

“My hart is so gebreek, maar daar het so ’n kalmte oor my gekom en ek het geweet die Here sal weer voorsien.”

Sy sê haar gunsteling-verse in die Bybel is Psalm 91.

Past. Christo Alexander van die Faith and Trust-gemeente in Borcherds het sy kerk beskikbaar gestel vir die uitdeel van kos.

Hy sê: “Ek weet die Here is in beheer en die virus sal verbygaan. Ons moet net bly glo.

“Kom laat ons die liefde van die Here deur ons laat werk in dié tyd. Ons wil ook ’n beroep op die gemeenskap doen om betrokke te raak.”

Vir meer inligting of om self ’n skenking te maak, bel Bantom gerus by 073 335 1260, Alexander by 065 650 6774 of die omroeper Christo Gawie­ van Heartbeat FM by 078 877 7649.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters