3 maande gelede
Musiek 'n lig in die donker tye
vol spirit:Colin Mitchells (met bril) en sy band het ’n nuwe single uit. FOTO VERSKAF  ~ 

COLIN Mitchells is nie net ’n onnie by die Sekondêre Skool Wesbank nie; hy maak ook lekker musiek.

Dié musikant van Fisantekraal is veral excited oor die single “Genade Genoeg”, wat pas uitgereik is.

“Die genade van die Here is vir ons almal genoeg. Aan sy liefde is geen einde nie. In die moeilike tye waardeur ons gemeenskap gaan, is Christus die antwoord.”

Colin sê hulle wil almal met hulle musiek bereik – veral in ’n tyd dat mense hoop verloor het.

“Deur woeste storms is Christus ons anker. Hy gee ons sy vrede.”

Hy vertel hulle fans gee hulle baie goeie terugvoer. Colin is dankbaar vir die ondersteuning.

  • As jy die nuwe single wil hoor, besoek iTunes of Google Play.
  • Bel Cindy Plaatjies gerus by 084 235 3018 as jy nog info soek.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters