4 maande gelede
Musiek is vir hom ’n anker
ANDREW SNYDERSFOTO VERSKAF  ~ 

ANDREW Snyders van Mitchells Plain is baie opgewonde om dié jaar by die Gospel Festival op te tree.

Dit vind op 4 Augustus in die Athlone-stadion plaas.

Van ons beste gospelsangers gaan optree.

Snyders, wat pas ’n EPK (electronic­ press kit) los gesing het in die Gospel Voice Search-kompetisie, kan nie wag om sy eerste single, “It was Love”, met sy fans te deel nie. Snyders het ook verlede jaar deelgeneem aan The Voice SA en hy sê die ervaring het hom baie geleer.

In moeilike tye is sang en musiek sy anker en hy sê dit bring genesing.

Andrew weet van swaarkry in die lewe. Hy is verlos van dwelms en is ook geskei, maar hy sê dit alles het hom ’n sterk persoon gemaak.

Dis sy begeerte dat mense die liefde van die Here in sy musiek sal ervaar.

Gospelsangers wat hom inspireer, is Fred Hammond en Dr. Tumi.

“Ek is baie opgewonde oor my single wat deur Tim Feder opgeneem is.”

Andrew is betrokke by die worship team van die kerk City of Hope, waar past. Julian Claasen die leier is.

“Ek is deur baie donker tye en het selfs selfmoordneigings getoon, maar deur die genade van die Here is ek verlos.

“Die groot inspirasie in my lewe is my seuns en my kosbare daddy van 79. Hulle gee my krag om aan te gaan.”

Andrew beoog om voltyds te sing, maar het geleer alles gebeur op die regte tyd. “Ek weet vir seker die wêreld het baie liefde nodig. So laat ons God se Lig skyn.”

  • Bel Snyders by 071 774 1446.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters