6 maande gelede
Musiek is in haar bloed
talent: Shernell Meyer saam met haar man en twee kinders. FOTO VERSKAF  ~ 

SANG is in die familie se bloed.

Die gospelsangeres Shernell Meyer het in ’n musikale familie in Matroosfontein grootgeword.

“Ek moes altyd op familie­samekomste sing.

“My oumagrootjie Mary O’Connor was ’n operasangeres. Sy het uit die eertydse Rhodesië na Kaapstad gereis.

“Ek is vertel sy het ’n besonderse talent gehad en vandag, glo ek, leef dit voort in my.”

Shernell het van die ouderdom van vier jaar begin sing saam met haar niggie Candice Japhta. Musiek het hulle bymekaar gehou.

Anker

Shernell sê: “Die liefde van die Here en my geloof in God is my inspirasie en natuurlik ook my man, Hayden.

“Hy moedig my elke dag aan om nooit tou op te gooi nie en altyd my vertroue in die Here te plaas.

“In moeilike tye is my ouers my anker, want hulle is die toonbeeld van deursettingsvermoë en hulle geloof in God.”

Meyer is dankbaar teenoor haar mentors, pastoor Jeremiah en Juliana Willemse, en om deel te wees van die Jesus Collective.

  • Kontak Shernell by 072 130 5269.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters