6 maande gelede
Melissa is ’n ware optimis
Danseres: Melissa de Vries wil die jeug bemagtig. FOTO’S VERSKAF  ~ 

HIERDIE boorling van Blackheath wil die jeug inspireer met haar dans-talent.

Die aktrise, danseres en TV-aanbieder Melissa de Vries vertel sy het van kleins af van dans gehou en wou nog altyd ’n performer wees.

Op skool het sy aan haar eerste modelkompetisie deelgeneem en gewen – al is sy gedwing om dit te doen, want sy was meer van ’n tomboy.

Sy sê sy het nooit aan haarself gedink as ’n model nie, maar meer as ’n danseres.

Melissa vertel sy was ná skool steeds geïnteresseer in dans, drama en perform­ing. Haar danstalent het haar laat optree in die Kunstekaap- en die Baxter-teater.

“Melissa sê sy het in 2013 die wonderlike geleentheid gekry om Suid-Afrika as danseres in Las Vegas, Amerika, te verteenwoordig.”

Sy is daar raakgesien deur die choreograaf Timothy Earl Solomon, oftewel Popin’ Pete, lid van die groep Electric Boogaloos. Sy het toe ook die geleentheid gekry om saam met hom te oefen.

Melissa was die hoofdanseres in die produksie van Diamond Platnumz se hit song “Sangoro”.

Daar was geen keer aan die optimistiese en talentvolle danseres nie, want sy het ook geseëvier in die Brutal Fruit-kompetisie se dance battle vir vroue in Suid-Afrika.

Melissa, wat nou ook ’n aktrise is, sê sy was bevoorreg om in die bekroonde fliek Krotoa ’n rol te kry en sy het in die Hollywood-film Bring It on 6 gesig gewys.

De Vries is ook lid van Cape Town TV-span. Sy bied die program Ek Sê aan en behartig die regie.

Sy voeg by: “Dis moeilik om te studeer en te werk, maar as jy gefokus bly, kan jy ’n sukses van jou lewe maak.

“Ek wil graag ’n verskil in my gemeenskap maak en die jeug help bemagtig.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters