14 dae gelede
Mariska staan op ná groot hartseer
Mariska van der Berg FOTO VERSKAF  ~ 

“EK IS tot alles in staat deur die Here wat my die krag gee.”

Só vertel die gospelsangeres Mariska van der Berg, wat op die plaas Moddergat tussen Villiersdorp en Worcester grootgeword het.

Mariska onthul haar ma het in haar arms gesterf.

“Dit was die hartseerste en donkerste tyd in my lewe, want my ma was my alles.

“Ek weet wat dit is om alles te verloor en met die rug teen die muur te staan en te voel jy kan nie meer nie.

“Dit was ’n jaar en ’n sewe maande ná my ma se afsterwe dat ek eers kans gesien het om weer te sing.

Gewen

“Deur dié moeilike tyd was die Here vir my ’n veilige vesting; my God op wie ek kon vertrou.”

In 2018 het Mariska ’n sangkompetisie gewen wat deur Agri SA gereël is.

“Ek onthou toe ek klein was, het Joe, my broer, altyd gesing. Dan het ek hom aangestaar.

“Toe sit hulle my naam skelmpies op die program by die sangaande ...

“Ek was 11 jaar oud daai tyd. As jy goed gesing het, het die mense geld op die verhoog gegooi. Ek het geglo in myself en wil ander aanmoedig om dieselfde te doen.

“Moenie dat omstandighede jou agterhou in die lewe nie.”

  • Kontak Mariska gerus by 062 383 4904.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters