4 maande gelede
Louie stel 3de album bekend
drop ’n ALBUM: Die gospelsanger Louie Fortune gaan optree.FOTO VERSKAF  ~ 

EK WEET my verlosser leef en Hy kom weer, vertel die gospelsanger en radio-omroeper Louie Fortune van Elsiesrivier wat binnekort sy derde album, Bless Me, uitreik.

Julle onthou seker vir Radio KC wat veral Sondae baie harte diep raak met die gospelklanke.

Fortune sê: “Daar was tye dat ek gedink het my voet wankel, dan ondersteun die Here my en dra my deur.”

In moeilike tye is die Woord en gebed vir Fortune ’n anker. Hy sê die gospelkunstenaars wat hom inspireer, is Andraé Crouch, Neville D en Donnie McClurkin.

Fortune voeg by hy is baie opgewonde oor sy album.

“Die pad van die Here is nie maklik nie, maar Hy belowe om ons nooit te begewe of te verlaat nie.”

Louie Fortune Musiek bied die bekendstelling van sy album op 2 Junie in Parow se Whalemark-gebou aan.

Die gaskunstenaars wat gaan optree, is onder andere Monice Solomon, Michelle van Wyk, Lady G, Shaygan Petersen, Rowena Adams en Natalie Rayners.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters