28 dae gelede
‘Lockdown bring my nader aan die Here'
Allou April Foto verskaf  ~ 

“MY GELOOF dra my deur in dié tyd van Covid-19. Maar dit is eintlik ’n blessing om meer tyd saam met my familie en die Here te kan spandeer.”

Aan die woord is die musikant Allou April wat sê hy voel nou nader aan die Here as ooit tevore.

April wei uit: “Ek weet vir seker ek is gelukkig saam met my familie. Die Here het kom vrede gee.

“Ek is dankbaar die Here het my gespaar tot hier toe.

“ ’n Rukkie gelede het ek die lied ‘Prayers With­out Borders’ geskryf, maar nooit gedink dit sal wees vir ’n tyd soos nou nie.

“Die lied is ’n gebed waarmee ons die Here vra om ons land te genees,” sê April.

Die lied word gereeld op Radio CCFM gespeel.

April het ’n wonderlike geleentheid gekry om in Melody, ’n nuwe TV-reeks, te speel.

Sy musiek word ook gehoor in dié reeks.

“My boodskap aan Covid-19 is: As ons gehoorsaam is aan die owerheid, kan ons jou (virus) saam beveg.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters