Verlede maand
Lionel so bly hy's terug in die land
lionel konstabelFoto verskaf  ~ 

DIE musikant Lionel Konstabel sê hy is baie bly hy is veilig terug in die Kaap nadat hy vir ’n tyd as gevolg van die corona-virus in ’n hotel in Marokko vasgekeer was.

Konstabel vertel: “Ons het daar opgetree. Toe hulle in lockdown gaan, moes ál die gaste die hotel verlaat en slegs ons ses band-lede kon bly.

Kniel

“Dit was moeilik en nie lekker nie, maar ons het mekaar opgecheer wanneer dit vir ons voel dinge raak te veel.”

Konstabel sê in tye van nood kniel hy in gebed en hy kan die nabyheid van die Here voel.

“Die Here bly my rots en skuilplek in tye van benoudheid,” getuig hy.

“Ons weet wat dit is om met min klaar te kom en in ’n tyd van krisis roep ons na die Here.

“Ek was gewoond daaraan om Sondae in die kerk te speel en ek het dit gemis. Die Here sal nie iets op jou pad bring wat jy nie kan hanteer nie.”

Hy sê hy is dankbaar om sy vrou, Lucinda, seuns, Liam, Joshsay en Lyle, asook die res van sy familie weer te sien.

“Wees dankbaar vir jou gesondheid. Dit gaan nie altyd oor wat jy bekom nie, maar oor jou gesondheid,” is sy raad.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters