3 maande gelede
Kurt laat kook
Vol vuur: Kurt Coetzee is behoorlik aan die brand.  ~ Verskaf

DIE konsert van die gospelsanger Kurt Coetzee van Atlantis is eers oor twee maande, maar hy is al baie opgewonde daaroor.

Coetzee sing al van 12-jarige ouderdom, maar sê hy het geweet hy is geroep vir die werk van die Here.

Hy aanbid by die Siloam-gemeente in Atlantis.

“Ek het altyd net koortjies gesing en mense het nie altyd daarvan gehou nie,” verduidelik hy.

Belewenis

Coetzee wei verder uit: “Ek het altyd by sangaande opgetree en daardie tyd het ons nie geweet van konserte nie. Dit het gegaan daaroor om net ’n blessing te wees oral waar mense my gevra het om te sing.”

Sowat 300 000 mense het al sy lied “Jesus Kom in die Môre” aanlyn geview.

“Die musikant Larry George het my altyd genooi na sangaande. Dit is toe dat daar meer uitnodigings gevolg het. Verlede jaar het ek die geleentheid gekry om in Saldanhabaai saam met die kunstenaar Dr. Tumi op te tree en dit was so ’n belewenis.”

Coetzee is ook lid van die gospelgroep Seuns van Sion­ wat op 22 Februarie ’n konsert by die GrandWest Casino hou.

Laas jaar het Coetzee sy nuutste single, “My God is Getrou”, uitgereik.

“Sout van die Aarde” is ’n koorliedjie wat hy sing op Seuns van Sion se album.

Sy eie konsert, Laat Kook die Pinkster Pot, vind op 5 April in Atlantis in Kerria Primêr se skoolsaal plaas. Die tyd is 17:30 en kaartjies kos R80. Die gas­kuns­tenaars is Seuns van Sion, Joshua Jansen, Talitha Luiters, Pearl­ Adams en Belinda.

  • Bel Coetzee by 073 677 2238.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters