2 maande gelede
Konsert se opbrengs is vir siekes
gesangeboekie: Die gospelsanger Enrico Damons van Port Elizabeth gaan optree. FOTO VERSKAF  ~ 

’N PINKSTERKONSERT, “Gesangeboekie-dinge”, vind vanaand in Elsiesrivier plaas.

Die geld wat ingesamel word, gaan aan kankerlyers geskenk word.

Volgens Nathan van Wyk, wat hierdie besonderse konsert reël, het die idee daarvoor klein begin.

Van Wyk sê: “Die heerlikheid van die Here moet weer terugkeer na die kerk. Dan gaan ons die krag van die Here op ’n magtige manier sien beweeg.”

“Die idee het klein begin, maar baie het daarvan op sosiale media gelees en die belangstelling is nou groot.”

Lydenstyd

Van Wyk sê “daardie tye met die gesangeboek in ons hande” het by hom opgekom.

“ ’n Mens kon die krag van die Here voel en ek voel dis tyd dat ons dit herleef. Die konsert lê baie na aan my hart en ons is nou reeds in Lydenstyd.

Van Wyk sê daar is ook by sy ma kanker gediagnoseer.

“Maar deur die genade van die Here is my ma wonderbaarlik genees en ons dank Hom daarvoor.”

“Gesangeboekie-dinge” begin 18:00 in die Calvary Baptistekerk in Eurekastraat, Elsiesrivier. Kaartjies kos R30.

Gerald Maarman, Samantha Petersen, Anslin Gysman van The Voice SA, Joshua Jansen, Anve Botha, Kurt Coetzee, Ceejay Petersen en Enrico Damons gaan optree.

  • Kontak Van Wyk gerus by 074 741 5446 of Christo Cecil by 082 626 4331 vir inligting.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters