2 maande gelede
Konsert gaan harte ‘touch’
MARLON BRUYNSFOTO VERSKAF  ~ 

DIE konsert “I Give My All Live Experience” beloof om vele mense se harte diep aan te raak.

So vertel die gospelsanger Marlon Bruyns van Strandfontein.

Marlon is baie opgewonde oor wat die Here gaan doen en daarom wil hy die gemeenskap nooi om ’n blessing te kom ontvang.

“Dis die begeerte van my hart om die glorie van die Here deur my musiek en liedere te verkondig.”

Sy splinternuwe single “I Give­ My All” sal later vanjaar uitgereik word.

“Wat my hoop in die lewe gee, is om bo my omstandighede uit te styg en om meer as ’n oorwinnaar te wees deur elke stryd.

“My boodskap aan die jeug is, moenie toelaat dat jou omstandig­hede jou agterhou nie en jy kan jou drome laat waar word deur harde werk en toewyding,” sê Marlon.

Hy glo hy is geseënd om ’n seën te wees en hy wil ’n verskil in sy gemeenskap maak.

“My vrou en my moeder is die mense in my lewe wat my inspireer, want hulle is sulke sterk vroue,” sluit hy af.

Die konsert vind op 7 Julie by die Baptistekerk in Sloopstraat in Strandfontein plaas en begin reeds 18:00.

Die toegangskoste is R100.

Die gaskunstenaars wat sal optree, is Richard G. Haynes, Shalane Hay­wood, Available Soul Sisters, Parousa en Beyond Chords.

  • Vir nader inligting, skakel gerus 060 533 1070.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters