4 maande gelede
Kom skep weer moed
GFestFoto:  ~ 
GFestFoto:
Chante Hartzenberg
CEDRIC BANGALOOFoto:

DIE CAPE Town Gospel Festival is onlangs gelaunch met powerful liedere deur die gospelsangers Andrew Snyders en Chante Hartzenberg.

Dié twee gaan saam met kunstenaars van oor die Wes-Kaap heen op die fees optree.

Kirk Arendse, die feesdirekteur, sê hulle is baie opgewonde en vertrou die event sal Kaapstad verenig. Hy beskou die fees as ’n platform wat gospelmusikante die geleentheid gee om hande te vat en blootstelling op ’n meer profes­sionele verhoog te kry.

Arendse verklap dis ’n groot droom wat waar word. Hy voel gospel is lank afgeskeep. “Die Here wil ons grondgebied verbreed. Dis nou die tyd om hande te vat.”

Van die ander gospelsangers wat gaan optree, is Jonathan Rubain, Don Vino Prins, Veronica Meyer, Andrew Sanders, Ronelle Roberts, August van der Westhuizen, Elwira Standili, Gregory Noble, New Birth, Kunjalo, Spencer Kennedy en Jessie Lottering.

Don dink dis wonderlik dat soveel kunstenaars op een verhoog optree. Hy hoop dit raak ’n annual event.

Sonja Jenniker van South African Performing Arts Corporation het gesê: “Ons wil gospelkunstenaars help. Ons sê ook dankie vir almal se ondersteuning, veral dié van ons borge. Dit word opreg waardeer.”

Volgens Llewaynne Niekerk van Son is dit ’n voorreg om by die fees betrokke te wees. “Dit gee ons mense weer die hoop om te droom en weer in hulself te glo.”

  • Die fees vind op 4 Augustus in die Athlone-stadium plaas. Dit begin 09:00 en duur tot 22:00. Kaartjies kan by die feeskantoor gekoop word. 
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters