4 maande gelede
Kom hê pret op geestelike wyse
Foto:  ~ 

DIE gospelsanger Deon Louw van Beaufort-Wes gaan weer sy jaarlikse konsert in dié dorp aanbied. Die Idols-sangeres Elwira Standili en Cheswin Ruiters, albei van Worcester­, gaan as die gaskunstenaars optree.

Louw sê die doel met die konsert is om in mense se geestelike behoeftes te voorsien met eerbied.

Gospelsangers wat hom inspireer, is Fred Hammond en talle plaaslike sangers.

“Ons wil ’n alternatief bied aan die jeug vir die musiek wat die wêreld aanbied.

“Dus moet die musiek gesif word voordat die kinders dit hoor.

“Om die Here te dien is nie boring nie. Ons kan ook pret hê in die kerk.

“Maar die verskil is dis met ’n geestelike aanslag wat lewens verander.”

Hy sê verder hy wil hê as die gehoor die konsert verlaat, moet hulle sê God is goed.

“Ons moet ophou om gospelsangers te prys. Ons fokus moet Christus wees.

“Die rede moet altyd wees om siele te wen vir die koninkryk­ van God.

“In moeilike tye is God se Woord my anker, asook my liefde vir mense.”

Deon sê hy vind vrede in die Here en rus in God.

“Gospelmusiek is my passie en daarom doen ek dit voltyds, maar die uitdagings is ook daar.

“Maar dit maak jou ’n sterk persoon.”

Kosie Haarhoff en Karar Dance Ministries tree ook op.

Die konsert vind op 27 Julie plaas by die Bastiaanse Sekondêre Skool in Beaufort-Wes en begin 18:00.

Die toegang is R50.

Kontak Deon by 083 392 0884 of e-pos: deonlouw21@gmail.com.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters