4 maande gelede
Jy kán as jy net glo
GELOOF: Brendt Wayne de Wet en Crushanda Forbes in sy nuwe musiekvideo.  ~ 

NIKS is onmoontlik in die lewe nie.

Só praat die sanger en musikant Brendt de Wet van Pniël.

“Jou drome kan waar word, maar jy moet elke geleentheid aangryp,” sê die jong man.

“Born to Win” is De Wet se nuwe musiek­video wat pas uitgereik is. Die sangeres Crushanda Forbes feature ook daarin.

De Wet glo ’n mens is tot enige iets in staat as jy in die Here glo.

“Hy gee jou die krag en sonder geloof in my lewe is ek niks.”

De Wet hou ook gereeld motiveringspraatjies by skole en hy gebruik die lied om leerders wat geboelie word, te help.

Sy motto in die lewe is: “Niks is onmoontlik as jy net glo en gaan vir wat jy in die lewe wil hê nie.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters