2 maande gelede
‘Jubel’ sal die volk inspireer en blydskap bring
David Jantjies foto verskaf  ~ 

DAVID Jantjies se naam is nie verniet David nie.

Die gospelsanger jubel die nuwe jaar in met groot vreugde met sy eerste gospel single, “Jubel”.

“Ek wil die volk inspireer en optel met dié lied. Ons mense gaan deur baie uitdagings. Daarom is ek hier om te sê: Al gaan jy deur die dal van doodskaduwee, sal niks jou ontbreek nie, want die Here is ons herder. Ons dien ’n God wat die wond gee, maar dit ook genees. Met die single wil ek die volk gelukkig maak, want die blydskap van die Here is ons sterkte,” sê David.

Hy glo alles sal oukei wees en jy sal jou stryd oorwin solank jy net jubel en juig.

David vertel laggend dat sy fans ’n album kan verwag. Daar gaan beslis ’n konsert wees.

“Ek doen wat op my hart is en wandel in gehoorsaamheid.”

David is ook lid van die Jesus Collective-groep wat die boodskap van hoop en die evangelie van Christus aan SA bring.

Gospelsangers wat David inspire, is Neville D, Jonathan Rubain en Wilmot Fredericks.

David beplan ’n toer deur die land en sê fans kan gerus sy Facebook-blad dophou.

Sy “Jubel” is besig om vinnig ’n hit onder die volk te word.

“Dit gee my vreugde in die lewe en inspireer my as ek in die oggend kan opstaan en musiek maak.”

  • Vir meer inligting, kontak Tarnie Cahvalo by 063 555 4688.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters