14 dae gelede
Joshua en die Joshua Generation leef vir God
Joshua January  ~ Foto Verskaf

DIE opwindende gospelgroep Joshua Generation is van Mitchells Plain ... en hou konsert.

Die groep se leier, Joshua January, is opgewonde wanneer dit kom by die Here se werk. Hy leef sy droom ten volle uit.

“Ek leef in Christus en dit is my blye versekering,” verduidelik hy. “Sonder die Here in my lewe is die lewe doelloos.

“Die begeerte van my hart hierdie jaar is om met volle oorgawe vir die Here te leef.”

Joshua se gunsteling-Bybelvers is Psalm 91: “Hy wat skuiling vind by die Allerhoogste, sal vertoef in die beskerming van die Almagtige.”

Joshua word deur die gospelkunstenaar Aaron Cole en die All Nations Worship Assembly geïnspireer.

January sê verder dit is belangrik om altyd ander mense te respekteer, want ’n mens kan nooit op jou eie alles weet nie.

Uitdaging

“So, luister na ander se drome en planne. Somtyds help dit om hand by te sit – dit help my om relevant te bly.

“Die nodige hulpbronne bly ’n uitdaging. Dit maak dat baie kunstenaars die hand diep in hulle eie sakke moet steek om hulle musiek en hulle boodskap daar buite te kry.”

Die Joshua Generation Life-konsert vind op 7 Maart by die Liberty Performing Arts Centre in Goodwood plaas.

Elwira Standili, Kunjalo, Charisma Hanekam, Doep, die New Life in Christ-koor en andere tree op. Dit begin 19:00 en kaartjies kos R100.

Bel gerus 078 252 0345 of 082 951 5403 vir nóg inligting.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters