6 maande gelede
Jacobs reik album ‘Second Chance’ uit
TWEEDE KANS: Die gospelsanger Euclid Jacobs vlieg weer hoog.FOTO VERSKAF  ~ 

“HY IS die God van ’n tweede kans,” vertel die gewilde gospelsanger Euclid Jacobs, wat sy vierde album, Second Chance, op 4 Mei uitreik.

Hy beloof die song “God Worship Life Love” gaan baie gebroke harte en siele wat na God soek, diep raak.

Die sanger vertel hy is deur donker dieptes van depressie. Daar was dae dat hy nie wou opstaan uit die bed nie.

“Ek het in daardie tyd besef ek kan nie sonder die Here nie, want ek het God teleurgestel.”

Jacobs meen mense skryf jou soms af, maar die Here herstel ’n mens se gemoed en Hy tel jou op met moed om voort te gaan met die lewe.

“Hy is nie ’n mens wat jou belieg nie en Hy staan by sy Woord.”

Jacobs meen die lewe het ’n manier om jou lelik te stroop – in so ’n mate dat ’n mens kwesbaar voor die Here staan.

“Uit die diepste put het die Here my opgetel en sy wonderbare Lig oor my laat skyn. Dit het hoop vir my gebring, want aan sy liefde is daar geen einde nie.

Omhels

“In hierdie stadium van my lewe het ek weereens net besef dat ek die teenwoordigheid van die Here elke dag nodig het in my lewe.

“God het my ’n tweede kans gegee en ek wil dit nie weer opmors nie. Ek wil dit omhels, want die Here is getrou.

“Ek het God op so baie maniere gefaal, maar nou kom ek huis toe, want ek is veilig in sy arms.”

Kontak Jacobs by 072 231 9179 of e-pos info@euclidjacobs.co.za.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters