21 dae gelede
‘Iedere mens op jou pad het ’n doel in jou lewe’
Dillon Oswald Martin.  ~ Verskaf

RYK of arm, pandemies raak ’n ieder en ’n elk.

Die Paarl FM-omroeper Dillon Oswald Martin sê baie mense besef dít nie.

“Eendag as jy sterf, beteken jou besittings en rykdom niks.”

Martin vertel verder: “Ek wil nie ryk wees nie; ek wil net suksesvol wees. Ek is diep dankbaar vir God se groot genade, veral in die tyd van inperking.

“My gesin was nog altyd daar om enige iets vir my te doen.

“Ek het hulle in dié tyd opnuut kom waardeer, want dinge het so skielik verander. Ons moes vinnig aanpas.

“My gunsteling-verse kom uit Spr. 3: ‘Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou op die regte pad laat loop.’ Ek weet vir seker jy sal nêrens kom as jy dit alleen wil doen nie. Niemand kan op ’n eiland leef nie; ons het mekaar elke dag nodig.”

Oor die jare het hy geleer elkeen wat op jou pad kom, het ’n doel.

Dillon dink dis elkeen se eie keuse of hulle nou al kerkdienste gaan bywoon.

“Maar waar ons nou staan met die pandemie, dink ek die kerke moet nog toe bly. Kom ons wees versigtig en plaas nie mekaar se lewe in gevaar nie.

“Wees bemoedig en weet dat dit ook sal verbygaan.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters