Verlede maand
Hou moed, sê gospelsanger
gebed: David Jantjies is dankbaar dat kerke weer kan oopmaak. Foto verskaf  ~ 

DIE gospelsanger David Jantjies van Macassar sê dis net die Here wat verandering kan bring in die huidige krisis.

“God het my tot stilstand geruk onder die lockdown,” sê Jantjies, “en ek kyk regtig wat belangrik is en wat gewaardeer moet word.

“Ek is dankbaar vir my gesondheid en dat die Here in ál my behoeftes voorsien. Dis alles net deur sy genade.

“Dank God dat hy nog sorg in dié tyd van onsekerheid.”

Die sanger moedig mense aan om in moeilike tye vas te hou aan wie hulle glo.

“Ons anker is die Here, so hou moed. God is besig met ’n nuwe ding soos nog nooit vantevore.

“Die mens raak gefrustreerd omdat ons nie kan kerk hou soos gewoonlik nie. Ons moet almal dankbaar wees dat kerke nou weer sal kan oopmaak.

“Baie het moed verloor en opgegee, maar ek glo die virus sal ook verbygaan, veral noudat die kinders van die Here weer saam kan bid.”

Jantjies wys na Jacobus 1:2: Wanneer julle in allerhande beproewing beland, moet julle eintlik baie bly wees.

“Wanneer ’n toets ’n mens se geloof in die gesig staar, veroorsaak dit dat jy volhard.”

Die gospelsangeres Veronica Meyer sê haar kinders is ’n handvol onder die lockdown, maar die Here gee krag.

“God is getrou onder die lockdown. Hy het wonderlike dinge kom doen en my hart loop oor van dankbaarheid.”

  • Die twee sangers is lede van The Jesus Collective-gospelgroep wat gereeld uitreik deur lof en aanbidding.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters