14 dae gelede
Hoop op genesing, eenheid
Remalia Esau.  ~ Verskaf

DIS Remalia Esau, die sangeres bekend vir haar gospeltreffer “Roep Sy Naam”, se begeerte om hierdie jaar die gebrokenes te help met die hulp van die Here

Sy meen dis hoog tyd dat Suid-Afrika terugkeer na die Here en ons verneder in gebed sodat ons land genees kan word.

“As ons in eenheid beweeg, sal die Here Sy seën uitstort in ons land,” meen sy.

Esau se gunsteling-vers lui: “As jy goed ag gee en alles doen wat Ek sê, sal Ek die vyand van jou vyande wees en die teëstander van jou teëstanders.”

Liefde

Die gospelsanger Ricardo Burnett se wens vir die nuwe jaar is dat geleenthede vir opkomende sangers geskep sal word om hulle volle potensiaal te bereik.

“Vat hande en maak ons gemeenskap ’n beter plek. Dis nie ons almal wat groot dinge kan doen nie, maar die klein dinge met liefde gedoen, kan lewens verander.”

Die sanger Elsimio Smit se begeerte is dat meer siele na die Here sal kom en dat daar nie net songs gesing word nie, maar dat verlore harte genees en gered word.

“Ek wil met volle oorgawe die Here dien en sien uit na groot dinge wat die Here gaan doen in die land.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters