6 maande gelede
Hartsmusiek is haar passie
MIRELDA JosephsFOTO VERSKAF  ~ 

MIRELDA Josephs, ’n sangeres van St. Helenabaai, wil met haar musiek harte aanraak.

Mirelda sing al van Sondagskooldae af. Haar pa was toe die leier van hul kerk.

Tans aanbid Mirelda by West Coast Jubilee Life Ministries in Saldanhabaai onder leiding van past. Henry Olifant. Sy is die worship-leier.

Mirelda vertel: “Dit gaan vir my oor die mense wat na my musiek luister en hoe my songs hulle kan help.

Keuses

“Ek wil mense ’n boodskap van hoop bied en ek wil hê hulle moet besef daar is altyd lig aan die einde van ’n donker tonnel.”

Haar eerste album, Ek Is, is vervaardig deur die musikant Allou April. Die video daarvan kan op Kruiskyk TV gesien word.

Mirelda verklap gebed en aanbidding gee haar in moeilike tye krag.

Sy het ook ’n belangrike boodskap aan die jong mense: “Die keuses wat ons vandag maak, bepaal waar ons gaan eindig.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters