27 dae gelede
Groep hou spesiale konsert
mylpaal: Die groep Royal Harmonizers vier vanjaar hulle 35ste bestaansjaar.foto verskaf  ~ 

“ONS wil die Woord verkondig deur sang en wil weer hoop aan die mense bring.”

Dít is die woorde van Gert Prins, leier van die gospelgroep Royal Harmonizers van Vanrhynsdorp.

“Ons is baie opgewonde, want dit ná vyf jaar tree ons weer in ons dorp op.”

Dis ’n spesiale vertoning, want die groep vier vanjaar hulle 35ste bestaansjaar. Die gemeenskap word hartlik uitgenooi na die konsert.

Dit vind plaas in die VGK Vanrhynsdorp se kerksaal en dit begin 16:00.

Kaartjies kos R20 vir volwassenes en R10 vir kinders. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters