3 maande gelede
Groep glo in vas, gebed
JUBEL EN JUIG: Victory in Praise wil ’n verskil maak.Foto: GREGORY NOBLE  ~ 

“IN LOF en aanbidding sal ons oorwinning kry.”

So vertel Moses Arendse, die leier en regisseur van Victory in Praise van Blackheath.

Die groep bestaan al 15 jaar en die lede is van verskillende gemeentes, maar die meeste aanbid by die AGS in Blackheath.

Arendse is baie betrokke by dié kerk en is die musiekdirekteur van die worship team en die orkes.

“Daar was ’n tyd in my lewe toe ek nie ’n werk gehad het nie. Daar was baie uitdagings en ek het die Here vertrou en ek kan waarlik sê Hy is ’n werklikheid in tye van benoudheid.

“Ek kon die hand van die Here in my lewe ervaar. Daarom moet ek sing en Hom aanbid, want Hy bly getrou.

“Dis die begeerte van ons harte om ’n verskil in die lewe van ons jeug te maak, want hulle is die leiers van môre.

“In moeilike tye is vas en gebed ons anker, want dit is ons lewensaar en bron van krag.”

Victory in Praise se eerste DVD en album is getiteld Through the Storm.

“Ons is dankbaar vir die ondersteuning van ons getroue ondersteuners en in besonder pastoor Barend en Dawn Petersen.”

  • Bel Moses by 084 811 1590 of 065 853 3238.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters