5 maande gelede
Gratis konsert oor hart van worship
los die oue: God wil ’n nuwe ding doen, verduidelik Adrian Dampies.FOTO VERSKAF  ~ 

VANAAND kan gospelliefhebbers afsit Elsiesrivier toe vir ’n gratis konsert.

Dit word aangebied deur Invasion Worshippers.

Gregory Noble sal MC by die Heart of Worship event, waar Chosen Family­, Bnatural, Colin Mitchells, Victory in Praise en die King of Kings Worshippers gaan optree.

Adrian Dampies, ’n gospelsanger en regisseur van Elsiesrivier wat ook by die konsert betrokke is, vertel die Here het met hom gepraat en gevra waarmee ons as mense in die liggaam van Christus besig is.

“Mense maak nie ’n deurbraak nie, want hul hart is nie skoon nie. Maar God gee ons weer ’n kans, want sy genade is groot.”

Hy deel verder: “Ek gaan deur ’n fase waar ek vra: ‘Gaan dit nog oor die Here, of gaan dit oor die eie ek?’ Dit is hoekom ons besluit het om die konsert te hou.

“Die toegang is verniet, want God roep sy volk tot orde.

“God soek nou die ware aanbidders, want as ons ons voor God gaan verootmoedig, gaan Hy sy seën oor ons lewe uitstort.”

Dampies voel verder die tyd het aangebreek dat gospelsangers ophou om van mekaar te skinder, mekaar in die rug te steek en mekaar af te breek.

Hy sê: “Kom ons stop die jaloesie en afguns, want God wil ’n nuwe ding doen en sy genade is groot.”

Vanaand se konsert word in die Adriaanse-gemeenskapsaal gehou. Die deure maak 17:00 oop.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters