2 maande gelede
Gospelsanger nooi jou na DVD-opname
GODsman: Die gospelsanger Ceanan Ryan van Ceres gaan optree.FOTO VERSKAF  ~ 

GOD kan vir jou ’n pad in die woestyn maak.

Só vertel die gospelsanger Ceanan Ryan (25), wat binnekort ’n album gaan uitreik.

Die man van Ceres sê in 2016 het hy op die Here vertrou vir sy toelating tot die Universiteit van Wes-Kaapland.

“Ek het toe in 2017 en 2018 onderwys gestudeer, maar weens finansies moes ek my studies staak.

“Ek was teleurgesteld, maar ek bly moedig, want dit is my begeerte om volgende jaar my studies te voltooi.”

Die gospelsanger sien uit na sy opkomende event.

“Ek is baie opgewonde oor die DVD-opname, want dit is ’n droom wat waar word.”

In 2016 het Ryan sy debuutalbum, Deurdruk, uitgereik. Past. Kevin Booysen van die gospelgroep Dumisani was die producer.

Ryan is ook nou ’n lid van Dumisani en hulle tree gereeld by konserte op. Hy en Dumisani bied op 7 Julie die live DVD-opname van God Kanby die Bella Vista-gemeenskapsaal aan.

Die gaskunstenaars by die opname is Remalia Esau, Felicity Klazen, Chedrico Mankopan, Zion, The Messengers, Wendy Julius en Dumisani.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters