3 maande gelede
Gospel ‘maak my gesond’
JOSHUA BROWNFOTO VERSKAF  ~ 

‘DIE eerste keer toe ek voor mense gesing het, was ek in standerd 3.”

Joshua Brown van die Strand sê hy dank God dat sy wortels diep in die Here ge­anker is. Brown is die aanbiddingsleier by sy kerk en hy sê al wat hy ken, is die evangelie.

“Ek sing gospel, want dit voed my siel en dit maak my geestelik gesond.

“Sonder die Here in my lewe is alles tevergeefs.

“Dis al taal wat ek verstaan, dis eie aan my en dit beskryf wie ek is.

“My suster is amazing. Sy lewe net vir die Here en haar geloof in God is my groot inspirasie.”

Brown sê om elke oggend te kan opstaan, gee hom hoop, want dis net genade van Bo.

“Ek aanbid ’n lewende God, wat elke dag wonders doen en wat my deur wonderlike tye dra.”

Brown werk aan ’n single en hy beplan om dit later dié jaar uit te reik.

“Ek weet vir seker God leef en is ’n werklikheid.

“Ek is dankbaar vir mense wat nog mekaar help ten spyte van swaar tye.”

Versot

Een van die sangeresse wat hom inspireer, is Elwira Standili. “Sy is my soul sister en mentor.”

Le’Andria Johnson en Travis Greene is nog twee sangers wat hy admire.

Brown lees graag enige boek en hy is versot op animasie.

“My gunsteling-vers in die Bybel is Matthéüs 6:33: Soek eers die Koninkryk van God en sy geregtigheid en al hierdie dinge sal vir jou bygevoeg word.”

Brown het ’n boodskap vir die jeug.

“Wees die verandering in jou gemeenskap en kies jou vriende reg sodat jy in die Woord van God geanker kan wees.

“Die hand van die Here was al die pad op my lewe. Daarom ken ek nie van swaarkry nie, want die Here het nog altyd voorsien. En dis hoekom ek die konsert ‘Rooted’ noem.”

Die kunstenaars wat gaan optree, is Didi Jooste, Donald Lewis, Donnie Brown, Ruben Davids en Lauren Hartzenberg.

Rooted is op 30 Maart en begin 18:00 in die Ou Sentra-gebou in Hammondstraat in die Strand. Kaartjies kos R60.

  • Vir meer inligting, bel Brown by 062 332 3382.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters