26 dae gelede
God se liefde is sy kompas
glo: Die gospelsanger Colin Mitchells gaan optree.FOTO VERSKAF  ~ 

DIS die klein goedjies in die lewe wat hom inspireer.

Aan die woord is die gospelsanger en onderwyser Colin Mitchells van Fisantekraal.

“Ek pak die lewe met energie aan, want die Here is die koning van my lewe,” vertel die sanger.

“Dis belangrik om ’n persoonlike verhouding met die Here te hê, want dit bring innerlike vreugde.

Genade

“God se liefde dien as kompas om my rigting aan te wys. Dis juis dié mense wat, ten spyte van hul agtergrond, elke dag net hul beste gee om hulle doelwitte te bereik.

“As sanger kan ek sing van sy genade en liefde omdat ek dit elke dag sien en beleef.”

Die mense wat Colin daagliks motiveer, is sy familie en vriende.

Sy gunsteling-verse in die Bybel is Psalm 23: Die Here is my Herder, niks sal my ontbreek nie en Hy lei my elke dag na waters waar rus is.

Colin se gunsteling-gospel lied is: “Ons noem Hom salig­maker”, want “dit is sy regte Naam. “Sonder die Here is my lewe alles leeg.

“Ons land gaan deur soveel krisisse. Daar is nie ’n maklike oplossing nie. Daarom moet elkeen betrokke raak en die verskil wees.

“Waardes word in die huis geleer.”

Colin is lid van die sang­groep Seuns van Sion en dié tree op 31 Augustus (van 20:00) saam met Jonathan Rubain in die GrandWest Casino se Grand Arena op.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters