4 maande gelede
‘God kan jou lewe verander’
Didi JoosteFOTO VERSKAF  ~ 

NIKS in die lewe kry my onder nie, want die Here gee my krag!

Só vertel die gospelsangeres Didi Jooste van die Strand. Sy glo sy is gemaak vir ’n groter doel op die aarde.

“Ek preek ook deesdae en verkondig die evangelie met die blye boodskap dat die Here jou omstandighede kan verander.”

Sy sê sy het kom leer ’n mens kan vreesloos leef in Christus.

Jooste ploeg ook terug in haar gemeenskap deur studente by die Barber and Nail Academy met ’n kursus te help.

Sy is trots dat sy haar droom om haar eie besigheid te begin, laat gebeur.

Sy is die eerste vrou in haar gemeenskap met ’n besigheid wat mans groom.

Jooste is een van die kunstenaars wat op die konsert Times of Refreshing op 1 September gaan optree. Dit begin 17:00 by die Jubilee Life Ministries in Parow. Kaartjies kos R100 elk.

Die ander kunstenaars is Rees Pienaar, Shawn Antone en Trevor Benson.

Kontak die kerkkantoor by 021 931 1374 of 076 967 5363.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters